Kop

Die volwasse skedel bestaan gewoonlik uit 22 bene. Al hierdie bene, behalwe die kakebeen (mandibel), is aanmekaar verbind deur hegtings, semi-rigiede artikulasies wat deur been-ossifikasie gevorm is. Die teenwoordigheid van Sharpey se vesels laat effense buigsaamheid toe.

Die mens se kop (ook hoof genoem) bevat 'n groot aantal verskillende organe. Die skedel word in 'n harsingskedel en in 'n ingewandskedel verdeel. Eersgenoemde bevat die harsings, terwyl laasgenoemde die neus, die mond, die kake, die speekselkliere en 'n paar groot bloedvate en senuwees bevat. 'n Mens se kop bevat nie net die grootste deel van die sentrale senuweestelsel, naamlik die harsings (brein) nie, maar ook die sogenaamde langafstandsintuie: die oog, die oor en die neus.

Hierbenewens is die ewewigsintuig en die smaakorgaan ook in die kop geleë. Naas die organe, wat die seine van die buitewêreld opvang, bevat die kop ook strukture wat seine na buite kan stuur: die stem en die gesigspiere. Die kop huisves ook belangrike dele van die asemhaling- en spysverteringstelsel, die mond en die neus, wat materiaal uit die buitewêreld opneem en geskik maak vir verwerking in die liggaam. Drie dele kan aan die kop onder skei word: die harsingskedel (neurokranium), die ingewandskedel (splangnokranium of visserokranium; dit maak deel van die lugpyp en spysverteringskanaal uit) en die gesig. Die gesig sluit die gesigspiere, oë, neus, ore en mond in.


Developed by StudentB